Resepte

Grenadella kaaskoek

IMG_8456

Hierdie kaaskoek is een van die lekkerste goed wat ek nog hierdie jaar gemaak het. Dis die perfekte kombinasie tussen soet en suur. ‘n Vriendin van my het ‘n grenadella bos en ek kon ‘n hele sak vol by haar kry. Jy kan ook die geblikte weergawe gebruik, maar dit is nie heeltemal dieselfde nie. Ek vind die geblikte weergawe meer soet en minder suur. Jy kan natuurlik ook helfte-helfte ook dit doen, dan kry jy darem die lekker smaak wat jy soek. Die resep sê jy moet die pitte verwyder vir die grenadellamoes wat in die kaaskoek self gaan. Dis baie maklik om dit te doen. Gooi net die moes in ‘n sif wat jy oor ‘n bak sit. Vryf dan die moes met die agterkant van ‘n eetlepel. Die pitte sal in die sif agterbly. Moenie die pitte verwyder uit die moes wat jy bo-op die kaaskoek sit nie.

Jy benodig…
150 g klapperkoekies (tennis beskuitjies werk die beste, maar jy kan ook marie koekies gebruik en net klapper byvoeg)
160 ml botter (gesmelt)
2 houers (230 g elk) roomkaas
125 ml (1/2 koppie) suurroom
1 koppie strooisuiker
2 eiers
60 ml (1/4 koppie) grenadellamoes (pitte verwyder)
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
80 ml (1/3 koppie) grenadellamoes (moenie pitte verwyder nie)

Voorverhit die oond teen 160°C. Maak die koekies fyn (rol met ‘n koekroller in ‘n plastieksak) en meng met die gesmelte botter. Druk dit vas onderin ‘n ronde, uitgevoerde springvorm pan (die soort koekpan met ‘n gespe wat losmaak) van 23 cm of in ‘n 20 cm vierkantige pannetjie. Klop die roomkaas, suurroom, suiker, 60 ml grenadellamoes en vanieljegeursel saam tot glad. Skep die mengsel op die beskuitjielaag. Skep die orige grenadellamoes bo-op en marmeer dit (maak patrone met ‘n mes deur die roomkaas mengsel sodat die moes begin deurmeng, maar moenie dit heeltemal meng nie).

Bak die kaaskoek vir 28 tot 30 minute tot gestol, maar nog effens drillerig in die middel. Verkoel in die yskas. Sny en bedien.

IMG_8464

English list of ingredients..
150 g tennis biscuits
160 ml butter (melted)
2 containers (230 g each) creamcheese
125 ml sourcream
1 cup castor sugar
2 eggs
60 ml granadilla mouse (pips removed)
5 ml vanilla essence
80 ml granadilla mouse (pips not removed)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s