Resepte

Mojito Koek

IMG_8536

Mojito’s laat mens dink aan somer en warm dae en kuier buite tot laat en vars geure. Dis ‘n heerlike verfrissende drankie en ek ken min mense wat nie daarvan hou nie. Dit was glo Ernest Hemingway se gunsteling drankie en volgens ‘n opname in 2016 is dit die mees gewilde “cocktail” in Engeland en Frankryk. Dit word tradisioneel gemaak met rum, suiker, lemmetjie sap, mint blare en soda water. Die oorsprong word soms gedebateer, maar dit word algemeen aanvaar dat dit ‘n Kubaanse oorsprong het.

Neem nou hierdie lieflike, verfrissende drankie met die kombinasie van geure en sit dit dan alles saam in ‘n koek en jy het ‘n resep vir ‘n wenner. Ek het die eerste keer die idee vir ‘n Mojito koek gesien op ‘n tydskrif se webtuiste. Ek het hul resep probeer vir ‘n vriendin se verjaarsdag, maar ek was nie heeltemal tevrede met hoe dit uitgekom het nie. Ek het toe die resep aangepas en onlangs dit weer vir ‘n ander vriendin gebak en was baie gelukkig met hoe dit uitgedraai het.

Jy benodig…
1 2-laag vanilla sponskoek resep en bestandele. (gebruik ‘n resep wat jy weet werk, of selfs een uit ‘n boksie as jy haastig is)

Vir die stroop:
80 ml wit rum
200 g (250 ml) ligbruinsuiker
2 takkies kruisement

Vir die versiersel:
skil van 2 lemmetjies
100 g (110 ml) sagte botter
250 g (480 ml) versiersuiker
250 g roomkaas, kamertemperatuur

Bak die sponskoek volgens jou resep. (Ek sal oor ‘n paar weke my resep hier gee vir sponskoek)

Om die stroop te maak:
Bring terwyl die koek bak die bestanddele vir die stroop tot kookpunt. Gooi stroop oor warm koeke terwyl dit nog in die panne is. Haal uit die panne en laat afkoel.

Om die versiersel te maak:
Sny die botter in blokkies en begin dit klop. Voeg die roomkaas by en klop goed tot glad. Sif die versiersuiker en gooi geleidelik by. Klop nou al die bestanddele vir versiersel saam tot lig en romerig. Plaas een koek op die bord waarop jy dit gaan bedien en smeer helfte van versiersel bo-op koek. Plaas tweede koek bo-op met pankant na bo. Spuit klein ronde rosette bo-op koek met oorblywende versiersel. Versier koek met ekstra vars kruisement en gerasperde lemmetjieskil.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s