Resepte

Ronel se Brokkoli hoender

Ek het al baie brokkoli resepte hier geplaas. Dit is seker wel een van my gunsteling soort groente en daarom eet ek dit graag. Hierdie resep het ek al ‘n paar keer by my vriendin, Ronel Bester ge-eet en dit bly een van my gunsteling resepte. Ek het dit by haar afgebedel hierdie jaar en hier is die resep dan nou vir almal. Dis een van daardie werklike maklike een-bak resepte wat vinnig is om te maak en meeste mense van sal hou…selfs kinders wat nie mal is oor brokkoli nie…dis goed genoeg weggesteek!

Jy benodig:
4 hoenderborsies in blokkies gesny
Een groot kop brokkoli
1 pak hoenderroomsop of sampioenroomsop poeier
250 ml vars room (ek het dit al met volroom jogurt ook gemaak)
1 ½ eetlepel kerriepoeier (minder as jy vir kinders kos maak)
250 ml mayonnaise
½ koppie gerasperde cheddar kaas
½ koppie broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180°C. Braai die hoender blokkies tot gaar in ‘n pan met olie. Breek die kop brokkoli in blommetjies en stoom tot gaar maar nog ferm. Pak die hoender die die brokkoli stukke in ‘n medium grootte oondbak in lae.

Meng die soppoeier, room, kerriepoeier en mayonnaise saam en gooi oor die hoender en brokkoli. Meng die kaas en broodkrummels en strooi oor die gereg. Bak vir 30min.

Bedien saam met ‘n mengselslaai en vars brood.

English list of ingredients:
4 chicken breasts cubed
One big head of broccoli
1 packet cream of mushroom or cream of chicken soup powder
250 ml fresh cream (full cream yogurt works just as well)
1 ½ tablespoons of curry powder (less if cooking for children)
250 ml mayonnaise
½ cup grated cheddar cheese
½ cup bread crumbs

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s