Resepte

Gebakte beet, kekerertjie en spinasie slaai

Toe ek klein was, was ek nie baie lief vir beet nie.  Ek dink dis omdat ek nie gehou het van die idee dat die sous al my kos verkleur nie.  Ek was die tipe kind wat nie my kos gemeng het nie…alles is apart ge-eet en die idee dat die beetslaai se sous alles sou pienk kleur het my nie eintlik aangestaan nie.  Dit was totdat ek die dag geleer het om gebakte beet te maak…nou is ek versot daarop.  Die geheim daarvan het ek by Ronel Bester, ‘n vriendin van my geleer en sedertdien maak ek baie keer gebakte beet om in slaai te gebruik.  Ek maak gewoonlik sommer al die beet die dag voor die tyd gaar want jy wil he dit moet heeltemal afkoel voor jy dit in die slaai gooi.

Ek het hierdie resep so paar weke terug hoeka in ‘n resepteboek van Ronel raakgelees en dis beslis nou een van my gunsteling slaaie om te maak.  Die resep gebruik Dukkah in die slaaisous.  Dukkah is Egipties en word gebruik as ‘n dip vir brood of vars groente.  Dit bestaan gewoonlik uit ‘n mengsel van speserye (tipies is komyn en naeltjies), neute, sade en kruie wat gerooster en gemaal word.   As jy nie Dukkah het nie, meng dan net so ‘n klompie geroosterde sade, komyn, fyngemaalde naeltjies (baie min), kaneel en gemengde gedroogte kruie.

Jy benodig…

6 tot 8 klein tot medium bete (gewas, punte afgesny en in kwarte gesny)

400 g blik kekerertjies (dreineer en gewas)

150 g babaspinasie blare

50 g feta (gekrummel)

Olyfolie

Sous:

60 ml volroom ongegeurde jogurt

1 knoffelhuisie (fyngedruk)

15 ml dukkah

Sap van 1 suurlemoen

Voorverhit die oond tot 180C.  Gooi olyfolie oor die beetstukke in ‘n oondbak.  Bak die beet vir 45min tot sag.  Meng so ‘n paar keer deur om die olie eweredig te versprei.  Sit die oond af, maar los die bak met die beet in die oond tot dit heeltemal afgekoel het.

Om die slaai te maak…  Pak die beet, kekerertjies en feta uit op die babaspinasie blare.  Meng al die bestandele vir die slaaisous.  Drup dit oor die slaai en bedien dadelik.

English list of ingredients:

6 to 8 small to medium beetroot (washed, ends cut off and cut into quarters)

400 g can chickpeas (drained and washed)

150 g baby spinach leaves

50 g feta (crumbled)

Olive oil

Dressing:

60 ml full cream, plain yogurt

1 garlic glove (crushe

15 ml dukkah

Juice of 1 lemon

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s