Resepte

Suurlemoen Meringue Kaaskoek / Lemon Meringue Cheesecake

Hierdie is weer een van daardie heerlike gekombineerde resepte wat as jy hoor daarvan jy nie kan dink hoekom jy nie al lankal daaraan gedink het om dit te maak nie…dit maak net sin! Die kaaskoek deel breek die vreeslike soetheid van ‘n tradisionele suurlemoen meringue tert.

Ek het die oorspronklike resep op die Huisgenooi facebook blad gesien, maar ek het verander aan hoe die koek bak en ook die meringue deel se resep verander volgens ‘n suurlemoen meringue resep wat ek sowat ‘n jaar terug ook hier gepubliseer het.

Jy benodig…

200g tennisbeskuitjies
110g botter (gesmelt)
1 houer (230 g) roomkaas
1 blik kondensmelk
2 ekstra groot eiers (geskei)
1 eetlepel (15 ml) gerasperde suurlemoenskil
¼ kop (60 ml) suurlemoensap
½ kop (125 ml) versiersuiker (gesif)
½ teelepel (2 ml) kremetart
½ teelepel (2 ml) bakpoeier
1 eetlepel (15 ml) kookwater

Voer ‘n 20 cm veerklamppan met bakpapier uit (boom en kante). Voorverhit die oond tot 200°C.

Verkrummel die tennisbeskuitjies en meng dit met die gesmelte botte. Druk ‘n derde op die boom van die pan vas en die res sowat driekwart op teen die pan se rand. Plaas in die yskas.

Klits die roomkaas, kondensmelk, eiergele, suurlemoenskil en suurlemoensap saam tot glad. Giet die mengsel in die kors.

Bak die kaaskoek vulsel (sonder die meringue eers) vir 10 min in die voorverhitte oond.

Intussen, klits die eierwitte saam met die kremetart in ‘n silwerskoon bak tot sagte punte begin vorm. Klits die suiker geleidelik by tot die mengsel begin styf raak. Gooi die kookwater oor en klits weer tot styf (dit sal nou mooi blink wees). Voeg laastens die bakpoeier by en klits weer deur.

Draai die oond af tot 180°C. Skep die meringue bo-op die kaaskoekvulsel en maak mooi punte met die agterkant van ‘n lepel. Bak dit weer verder vir 12 tot 15 minute todat die meringue se puntjies mooi begin verbruin. Laat heeltemal afkoel en verwyder dan uit die koekpan. Geniet!

English recipe:
200g tennis biscuits

110g butter (melted)
1 package (230 g) cream cheese
1 can condensed milk
2 extra large eggs
1 tablespoon (15 ml) grated lemon rind
¼ cup (60 ml) lemon juice
½ cup (125 ml) icing sugar
½ teaspoon (2 ml) cream of tartar
½ teaspoon (2 ml) baking powder
1 tablespoon (30 ml) boiling water

Line a 20cm springform tin with baking paper (bottom and sides). Preheat your oven to 200•C.

Crumble the tennis biscuits till fine. Mix with the melted butter. Put a third in the bottom of the tin. Smooth. Put the rest on the sides of the tin. Place the tin in the fridge till needed.

Beat the cream cheese, condensed milk, egg yolks, lemon rind and lemon juice together till smooth. Poor the mixture into the prepared crust.

Bake the filling in the preheated oven for 10 min. Take it out and turn the oven down to 180.

In the meantime…Beat the egg whites together with the cream of tartar in a clean dish till soft peaks start forming. With the mixer on low, gradually beat in the sugar till the mixture starts getting stiff. Now poor the boiled water directly on top and beat again until still (it should be nice and shiny by now). Now beat in the baking powder as well until well combined.

Spoon the meringue onto the filling and make peaks with the back of a spoon. Bake in the oven for another 12 to 15 minutes until the points turn light brown. Take out of the oven. Let it cool completely and enjoy!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s