Uncategorized

Bone en beesvleis sop /Bean and Beef soup

Bonesop is een van daardie goed wat ek moet erken ek nie ‘n vreeslike groot liefde voor gehad het toe ek klein was nie.  Ek dink daar is iets aan die tekstuur van bone wat my soms afgesit het, ek het byvoorbeeld ook nie van geblikte bone gehou ooit nie.  Ek het dit ge-eet, maar ek sou nie noodwendig nog ‘n porsie gaan inskep het nie.  Gelukkig kom wysheid met ouderdom en het ek toe later in my lewe geleer hoe lekker bonesop kan wees.  Dis ‘n maklike manier om ‘n groot pot vullende sop te maak wat relatief goedkoop is en boonop gesond is ook.  Ek het ook geleer mens kan lekker met die geure speel.  Min dinge sê winterkos soos ‘n pot bonesop!  Die resep wat ek hier gebruik is vanaf ‘n Media24 website gekry en ek het dit effens aangepas volgens my smaak.  Dis ook een van daardie resepte wat lekkerder raak hoe langer hy staan!  Net ‘n stukkie raad…die hele proses vat nogals ‘n tydjie om te voltooi, so begin vroeg genoeg met die sop se maak.  Ook…sny maar die vleis van die bene af soos aanbeveel in die resep…dit maak nogals ‘n verskil in hoe maklik dit is om die sop te eet…  Die resep lewer omtrent genoeg vir 8 mense of vir 4 vir twee etes.

Jy benodig…

I pak (500 g) droebone (oornag in water geweek…ek het gaan kyk…ten minste 6 ure)

2 liter kookwater

1 kg stowebeesvleis met bene

Sout en varsgemaalde swartpeper

45 ml olie

2 groot uie (gekap)

2 knoffelhuisies (gekap)

45 ml tamatiepasta

2 liter beesvleisaftreksel

125 – 250 ml volroom jogurt

60 ml gekapte, vars pietersielie

10 ml gedroogde tiemie

Dreineer die geweekte bone en sit dit in ‘n kastrol saam met die kookwater.  Verhit tot kookpunt en laat prut tot die bone sag is (die water kook omtrent alles weg..so omenby 60 minute)

Geur die beesvleis met die sout en peper.  Verhit die olie in ‘n diep, swaarboom kastrol en braai die vleis tot bruin.  Voeg die uie by en braai tot sag.  Voeg nou die knoffel en tamatiepasta by en braai ongeveer 5 min saam.

Voeg nou die aftreksel hier by en verhit tot kookpunt.  Laat prut vir 2 uur of tot die vleis sag is.  Haal die stukke vleis uit en sny dit van die been af in kleiner stukke.  Voeg nou die boontjies saam met die kookwater by.

Geur na smaak met sout en peper.  Kook die sop deur vir ongeveer 30 min en voeg so 10 min voor die einde die tiemie by.

Bedien deur ‘n paar lepels jogurt deur te roer en die die vars pietersielie oor te strooi.  Geniet saam met ‘n vars sny volgraanbrood.

English recipe…

I packet (500 g) dried beans (soaked overnight in cold water…at least 6 hours)

2 litre boiling water

1 kg stewing beef with bones on

Salt and freshly ground black pepper

45 ml oil

2 large onions (chopped)

2 garlic gloves (chopped)

45 ml tomato paste

2 litre beef stock

125 – 250 ml full cream yogurt

60 ml chopped, fresh parsley

10 ml dried thyme

Drain the beans and put it in a pot on the stove with the boiling water.  Bring to the boil and then let it simmer until the beans are soft.

Season the meat with the salt and pepper.  Heat the oil in a heavy, large pot and fry the meat till browned.  Add the onions and fry till soft.  Now add the garlic and tomato paste and fry for 5 min.

Now add the stock and bring to the boil.  Simmer for 2 hours until the meat is tender.  Take out the meat and cut it off the bone and into smaller pieces.  Now add the beans in the water in which it was simmering.

Season again with salt and pepper and boil the soup for another 30 min.  10 min before the end, add in the thyme.

Serve with a few spoonfuls of yogurt and some parsley over the top.  Enjoy with some fresh bread.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s