Uncategorized

Nutella en Oreo Kaaskoek / Nutella and Oreo Cheesecake

Ek het ‘n vriend wat mal is oor Nutella…   En ek praat nie hier van ons gewone mense se liefde vir sjokolade liefde nie…ek praat van mal wees oor, sal net dit eet en sal dit saam en oor alles eet mal oor Nutella.  Ek sou nou nie se ek het die kaaskoek vir hom gebak nie…maar hy inspireer my wel om Nutella resepte te soek soms.  Ek het die koek gebak vir ‘n lieflike vriendin se verjaarsdag wat ons so ‘n week terug gevier het.

Ek het so meer as ‘n jaar terug ‘n resep gepost oor ‘n Nutella tert en daar die geskiedenis agter Nutella vertel.  Gaan kyk gerus weer hier daarna…dis nogals interressant.  Daai tert was een ding…hierdie kaaskoek is net daai stappie verder en uit ‘n ander wereld!  Dis ‘n gebakte kaaskoek en o, so lekker!  Ryk, romerig en soet sonder om oorweldigend te wees.

Hier is wat jy benodig…

Vir die kors:

170g (1 pakkie) Oreo koekies

80g botter (kamer temperatuur)

30g klapper

Vir die vulsel:

2 houers (230g elk) roomkaas (kamer-temperatuur)

100g versiersuiker

1 eetlepel (15 ml) mielieblom

1 eetlepel (15 ml) vanielje ekstrak (essence werk ook)

1 koppie (250 ml) room

Sap en skil van 1 suurlemoen

6 eetlepels Nutella

Om die kors te maak: Maak die koekies fyn in ‘n voedselverwerker (of rol met ‘n koekroller fyn in ‘n sak). Voeg die botter en klapper by en meng weer.  Gebruik ‘n 20cm losboom pan met waspapier in en gooi die koekiekrummelmengsel daarin.  Druk dit plat op die bodem van die pan en plaas in die yskas vir 30 min.

Voorverhit die oond tot 180C (moenie die konveksie opsie gebruik op jou oond as jy die opsie het om dit nie te gebruik nie…jy soek hitte van onder af).  Meng die roomkaas met die versiersuiker, mielieblom en vanielje.  In ‘n ander bak, klits die room, suurlemoen sap en skil tot styf.  Vou die room in by die roomkaas mengsel.

Gooi nou hierdie vulsel op jou koekiekrummelkors.  Plaas die Nutella in ‘n bakkie en verhit dit in ‘n mikrogolf oond vir ‘n paar sekondes net om dit meer loperig te maak.  Gooi lepelsvol orals in die vulsel en gebruik dan ‘n tandestokkie of koektoetspen om die Nutella in te meng (jy soek ‘n marmer effek, moenie dit te veel meng nie).

Bak die kaaskoek vir 20 min in die oond.  As dit uitkom moet dit nog effens dril in die middel.  Laat dit heeltemal afkoel en plaas dan in die yskas tot heeltemal gestol.

Geniet!

English recipe:

For the base:

170g (1 packet) Oreo biscuits

80g butter (room temperature)

30g coconut

For the filling:

2 tubs (230g each) cream cheese (room temperature)

100g icing sugar

1 tablespoon (15 ml) corn flour

1 tablespoon (15 ml) vanilla extract (essence can also work)

1 cup (250 ml) cream

Juice and zest of 1 lemon

6 tablespoons Nutella

For the base: Blitz the biscuits in a food processor (or roll with a rolling pin till fine).  Add the butter and coconut and blitz again.  Pour this into a lined 20cm springform pan.  Press flat with a spatula.  Keep in fridge for 30min till set.

Pre-heat the oven to 180C (do not use the convection function…you need heat from below).  Mix the cream cheese, icing sugar, corn flour and vanilla.  Beat the cream and lemon juice and zest till thick.  Fold this into the cream cheese mixture.

Pour the filling onto the base in the cake pan.  Heat the Nutella for a few seconds till it is runny.  Dollop spoons full of Nutella into the filling.  Using a toothpick or cake tester, marble the Nutella in (do not over mix).

Bake the cake for 20min in the oven.  It should not be completely set in the middle when it comes out.  Let it cool down completely and then place in the fridge to set.

Enjoy!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s