Uncategorized

Tamatiebredie / Mutton and tomato stew

Tamatiebredie is iets waarmee alle Suid Afrikaners groot geword het.  Dit laat jou dink aan koue aande en warm kos saam met familie en vriende.  Ek het lank gesoek vir ‘n resep wat ek van hou en toe hierdie een gekry en besluit om dit te probeer.  Ek het wel die resep effens aangepas om die aartappels perfek sag te kry en ek het die suiker heelwat verminder.

Jy benodig:

3 tot 4 medium aartappels

1 eetlepel (15 ml) sonneblomolie

2 medium uie (fyn gesny)

1 groen chillie (in die lengte halveer)

1 kg skaapvleis (kookvleis) in stukke gesny

½ tot 1 kop (125 tot 250 ml) water

2 blikkies gesnyde tamaties

1 teelepel (5 ml) tamatiepuree

4 eetlepels (60 ml) suiker

Sout en Swart Pepper na smaak

1 teelepel (5 ml) gedroogde basilie

Skil en sny die aartappels in kwarte.  Kook hulle in soutwater tot halfpad gaar (hulle moet nog redelik ferm wees).   Intussen, gebruik ‘n stoompot en braai die uie saam met die chillie in die olie tot sag en gaar.  Voeg die vleis by en braai die vleis tot bruin (omtrent 10 min).  Gooi nou ‘n halwe koppie water by en sit die stoompot se deksel op.  Bring tot stoompunt en stel dan die temperatuur af.  Laat stoom vir so 20 min.

Voeg dan die geblikte tamatie en tamatiepuree by en die res van die water as nodig.  Prut dit nou vir ‘n verdere 20min oor medium hitte.  Voeg nou die aartappels by en prut vir nog so 10 min tot die aartappels sag is.  Voeg die suiker en basilie in en voeg sout en pepper by na smaak.  Laat dit stadig prut oor ‘n lae hitte vir ‘n verdere 10 min.

Bedien saam met rys en enige ander groente van jou keuse.

English version:

Mutton and tomato stew has always been a firm South African favourite.  I grew up with this dish being served in our house at least twice a month if not more.  You can also use left-over fresh tomatoes.  Just make sure they are nice and ripe.  I changed this recipe slightly from the original to my taste.

You need:

3 to 4 medium potatoes

1 tablespoon (15 ml) sunflower oil

2 medium onions (chopped)

1 green chilli (cut lengthwise)

1 kg mutton (cut into biggish chunks)

½ to 1 cup (125 to 250 ml) of water

2 cans chopped tomatoes

1 teaspoon (5 ml) tomato puree

4 tablespoons (60 ml) sugar

Salt and ground black pepper to taste

1 teaspoon (5 ml) dried basil

Peal and quarter the potatoes.  Boil them in salt water till almost done (they still need to be quite firm).  In the meantime, use a pressure cooker pot and fry the onions with the chilli in the oil till soft.  Add the meat and brown on all sides.  Add half a cup of water and close the lid of the pressure cooker.  Bring it up to full steam and then turn down the heat low.  Let it pressure cook for about 20 min.

Add in the cans of tomato and the tomato puree.  Add the rest of the water if it looks dry.  Simmer for another 20 min on medium heat.  Now add the potatoes and simmer for another 10 min till the potatoes are soft.  Add the sugar, basil and salt and pepper to taste.  Simmer on low heat for a final 10 min.  Check the seasoning one last time before serving with rice and veg of your choice.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s