Uncategorized

Pampoenkoekies / Pumpkin Fritters

Pampoenkoekies is nog iets so eg Suid Afrikaans soos braai en biltong.  As mense praat van ‘n Sondag skaapbout ete is pampoenkoekies die een ding wat elke keer met dit geassosieer word.  In die Kook en Geniet word pampoenkoekies wel nie onder die groente geregte gelys nie…dit is onder nageregte.  Dit val in dieselfde tipe kategorie dink ek as melkkos…iets wat seker eintlik ‘n nagereg kon gewees het, so lekker is dit, maar wat ons as bygereg of maaltyd eet.  Die een ding wat my ma my geleer het oor pampoenkoekies maak is dat dit lekkerder is met ‘n meer waterige soort pampoen.  Wat ek daarmee bedoel is dat ‘n fermer soort pampoen soos botterskorsies nie sulke lekker opsies is vir hierdie resep nie.  Outydse wit boerpampoene of Herbert Squash pampoene werk die beste.  Jou pan moet ook verkieslik ‘n goeie kleefwerende pan wees.  Party pampoen is meer waterig as ander…voeg net nog meel by as jy sien die deeg is te slap.

Jy benodig…

2 kop (500 ml) gaar fyngemaakte pampoen

½ kop (125 ml) koekmeelblom

2 teelepels (10 ml) bakpoeier

‘n knippie sout

1 eier

Olie vir vlakbraai

Kaneelsuiker

Meng die fyngemaakte pampoen, meel, pakpoeier en sout.  Die mengsel moet redelik slap wees, maar nie loperig nie.  Klits die eier goed en voeg by.  Meng goed.

Verhit die olie in ‘n kleefvrye pan.  Wanneer dit goed warm is, skep ‘n eetlepel vol op ‘n slag van die beslag in die pan. Afhangend van die pan behoort jy so 4 op ‘n slag in jou pan te kan bak.  Moenie te haastig wees om dit om te draai nie…die koekie moet maklik loskom van die bodem voor jy hom omdraai.  Braai alkant tot ligbruin.  Pak op ‘n bord en strooi dadelik kaneelsuiker oor die koekies soos jy hulle uithaal.

English version:

Pumpkin fritters is another truly, traditional South African food.  It is enjoyed as a side dish especially on Sundays with a Sunday roast.  It is quite sweet and balances out savoury foods very well.  Use a non-stick pan.  Do not use butternut for the recipe, use pumpkin.

You will need…

2 cups (500 ml) boiled and mashed pumpkin

½ cup (125 ml) flour

2 teaspoons (10 ml) baking powder

A pinch of salt

1 egg

Oil for frying

Cinnamon sugar (sugar mixed with cinnamon)

Mix the pumpkin with the flour, baking powder and salt.  The mixture should not be too stiff, but not runny. Beat the egg well and mix it in.

Heat the oil in the frying pan till quite hot.  Put tablespoons full of the mixture in the pan.  Let it set properly before turning it.  Fry till golden brown on both sides.  Put them on a plate and sprinkle the sugar and cinnamon mix over it as they get done.

Enjoy!

Advertisements

2 thoughts on “Pampoenkoekies / Pumpkin Fritters

  1. My hubby once ate pumpkin fritters at my granny’s house and now he can’t get enough!! Poor Granny has them ready every visit, but now I can make them too! Thanks for the easy recipe ❤️

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s