Uncategorized

Poppiesaad Koek / Poppyseed Cake

Soms in ‘n mens se lewe kom mens op ‘n resep af wat net so ongelooflik lekker is dat jy dit weer en weer bak.  Later ken jy die resep uit jou kop uit, maar bak, bak jy hom weer.  Die punt is seker dan eintlik, ‘n goeie resep bly ‘n goeie resep en lekker kos bly lekker kos.  As jy nou nog ‘n stukkie nostalgie by daardie resep sit, dan is dit eers ‘n wenner.

Een so ‘n resep van my is ‘n resep wat ek by ‘n vriendin van my, Elsaby Strydom, gekry het.  Waar sy die resep gekry het is ek nie seker nie.  Elsabe ken ek al sedert ek 6 jaar oud is en oor die jare het ons maar aanhou kuier en altyd gesorg dat ons bymekaar uitkom as ons toevallig op dieselfde tyd op ons grootword dorp was.  Een so ‘n keer wat ek by haar gaan kuier het, toe ons al reeds op Universiteit was, het sy toe hierdie koek gebak.  Ek onthou baie goed dat ek baie volwasse gevoel het toe ek vir haar vir die resep gevra het.  Ek dink dit was die eerste keer dat ek vir iemand ‘n resep gevra het.  Ek het toe met groot entoesiasme die koek gaan bak by die huis en tot vandag toe bly dit ‘n gunsteling van beide my en my ma om te bak.  My ma het nou al die resep effens aangepas en vermeng met ander resepte van haar, maar ek hou van die oorspronklike resep soos ek hom destyds gekry het.

Net ‘n waarskuwing oor die wit sjokolade…hy brand vinnig aan.  Doen maar eerder die smelt werk in 10 sekonde intervalle soos aanbeveel…dit sorg dat dit nie aanbrand nie.  Ook…’n ringkoek vorm werk baie beter, so moenie die koek in ‘n gewone bakplaat probeer bak nie…  Die koek is nogals klam en gaan al droog gebak wees buite teen die tyd wat die middel gaar raak.

Jy benodig…

Vir die koek:
3 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker (ek gebruik gewoonlik sommer gewone suiker)
125 ml olie
250 ml natuurlike jogurt
125 ml papawersaad
250 ml klapper
250 ml bruismeel
Knippie sout

Vir die versiersel:
200 g wit sjokolade
125 ml versiersuiker (gesif)
90 ml melk
45 ml botter
5 ml vanielje geursel
100 ml ekstra versiersuiker (gesif)

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 23cm ringkoekpan goed of spuit met kleefwerende sproei. Verroom die eiers en suiker tot lig. Voeg die olie en jogurt by en klits weer goed. Voeg die papawersaad, klapper, bruismeel en sout by en meng goed. Giet in pan en bak 30 tot 35 min tot ‘n toetspen skoon uit die middel kom. Haal die koek uit die koekpan en laat afkoel op ‘n bord.

Versiersel: Verhit die sjokolade, versiersuiker en melk by 70% krag in die mikrogolfoond tot die sjokolade smelt (begin by 30 s en stop dan elke 10 na 15 s en roer aan die mengsel…jy wil net he dit moet smelt…nie kook nie). Voeg die botter en vanielje by. Sif die ekstra versiersuiker by en meng goed. Smeer/gooi die versiersel oor die koek. Versier met ekstra poppiesaad as jy het.
English recipe…

You will need…
For the cake:
3 extra large eggs
375 ml castor sugar (I have used normal sugar successfully in the past)
125 ml oil
250 ml natural yogurt
125 ml poppy seeds
250 ml coconut
250 ml self-rising flour
Pinch of salt

For the icing:
200 g white chocolate
125 ml icing sugar (sifted)
90 ml milk
45 ml butter
5 ml vanilla essence
100 ml extra icing sugar (sifted)

Preheat the oven to 180C. Spray a 23cm bunt cake pan with non-stick spray. Beat the eggs and sugar until light and fluffy. Add the oil and yogurt and mix well again. Add in the poppy seeds, coconut, self-rising flour and salt and mix well again. Poor in the prepared pan and bake for 30 to 35 min till a cake-tester comes out clean. Remove the pan from the oven and turn out onto a plate. Let it cool.

Icing: Heat the chocolate, icing sugar and milk at 70% power in the microwave oven until the chocolate is melted (start with 30 s and then stop every 10 to 15 s and mix it well…you just need the chocolate to melt, not boil). Add in the butter and vanilla. Sift in the extra icing sugar and mix well. Spread/poor the icing on the cake.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s