Uncategorized

Romerige Mosterd Hoender / Creamy Mustard Chicken

Ek behoort aan ‘n boek klub wat een keer ‘n maand bymekaar kom.  In April hierdie jaar het die boek klub een van Jamie Oliver se resepte boeke aangeskaf en dit was so ‘n groot treffer in die klub dat die meeste mense hul eie een al gaan koop het.  Dit wat die resepte boek so aanloklik dink ek maak is die feit dat die resepte almal net 5 bestandele in het.  (sonder stapels soos olyf olie en sout en peper)  Wys vir my die besige persoon wat nie sou hou van hierdie idee nie! Die bonus van die resepte is ook dat die meeste van die resepte nie te erg vreemde bestandele het nie en boonop is die wat ek al gemaak het regtig baie lekker ook! Hier is een van die resepte wat ek al uit die boek gemaak het.  Indien die sous te dun is kan dit verdik word aan die einde deur ‘n klein bietjie meelblom met water te meng en dit in te roer.  Kook die gereg dan nog so 5 minute en bedien dan.

Jy benodig…

200g sampioene

1 rooi ui

250 g ontbeende, vellose hoenderborsies

2 teelepels heelkorrel mostert

60 ml room

15 ml olyf olie

150 ml water

Sout en peper na smaak

Verhit ‘n 30 cm kleefvrye pan oor medium tot hoe hitte.  Sny die sampioene op en plaas in die droee pan.  Laat hulle ‘n ruk rooster tot hul begin verbruin.  Sny die rooi ui in dun ringetjies en sny die hoender in 1cm dik repe.

Voeg die ui en hoender in by die sampioene saam met die olyf olie.  Braai vir 5 minute.  Voeg die mostert, room en water by.   Verhit tot dit kook en laat dit prut tot die hoender deurgaar is.  Geur met die sout en peper na smaak.  Bedien saam met slaai en aartappel wiggies.

English recipe:

You will need…

200g mushrooms

1 red onion

250 g deboned, skinless chicken breasts

2 teaspoons wholegrain mustard

60 ml cream

15 ml olive oil

150 ml water

Salt and pepper to taste

Heat a 30 cm non-stick pan on medium to high heat.  Slice the mushrooms and place in the dry pan.  Toast them in the pan till they become golden.  Finely slice the onion and slice the chicken into 1cm thick strips.

Add the onion, chicken and olive oil in with the mushrooms.  Fry for 5 minutes.  Add the mustard, cream and water.  Bring to the boil and simmer until the chicken is cooked through.  Season with salt and pepper to taste.  Serve with salad and potato wedges.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s