Slaai / Salad

Hoender en Mango slaai met Balsamiek reduksie / Chicken and Mango salad with Balsamic reduction

Vandag se resep is dalk nie so veel van ‘n resep as wat dit ‘n ander manier is om ‘n ou gunsteling te eet nie.  Ek het dit so leer eet toe ek nog op skool was by ‘n skoolvriendin van my en sedertdien is dit een van my gunsteling slaaie vir die somer.

 

Ek het nou so paar weke terug ‘n debat gehoor op RSG oor wat die regte afrikaanse naam is van ‘n mango.  Daar was die een opinie dat dit ‘n veselperske is en dan was daar ‘n paar mense wat laat weet het dit is nou aanvaarde taal gebruik om van ‘n mango te praat.  Hoe dit ookal sy… ‘n mango bly lekker en daar is min vrugte wat mens so aan die somer herinner soos ‘n mango.

 

Jy kan enige slaai bestandele gebruik.  Ek persoonlik hou net nie daarvan om tamaties by hierdie slaai te gooi nie, maar enige groen slaai bestandele werk goed.

 

Jy benodig…

 

1 tot 2 hoender borsies (ontbeen en ontvel)

Hoenderspeserye

Olyfolie

‘n Bak vol groenslaai bestandele (blaarslaai, komkommer, mange tout, seldery)

Halwe avokadopeer (opsioneel)

Halwe sirkel feta kaas

Een kleinerige mango (of halwe groot een)

Balsamiek reduksie (sien hier onder vir resep)

 

Sny die hoender in repies, sprinkel met die hoenderspeserye en braai dit in die olyfolie in ‘n pan tot gaar.  Laat goed afkoel

 

Rangskik die slaai gestandele op ‘n groot bord.  Pak die hoenderrepies bo-op.  Sny die mango en avokadopeer in blokkies en strooi bo-oor.  Breek die feta in kleiner stukke en strooi ook bo-oor.  Rond af deur balsamiek reduksie bo-oor te druip.

 

Vir die balsamiek reduksie:

Plaas 1 koppie balsamiek asyn saam met 1 teelepel heuning (opsioneel) in ‘n potjie op die stoof.  Verhit tot dit begin kook en draai dan die hitte af tot dit prut.  Prut vir 10 tot 15 min tot die reduksie die agterkant van ‘n lepel sal bedek.  Laat afkoel.  Onthou dat die reduksie nog heelwat verdik soos dit afkoel…as dit te dik is, verhit weer saam met ‘n bietjie water.

 

 

English recipe:

Today’s recipe is maybe not so much a recipe as a new spin on an old favourite.  You can use any of your favourite green salad ingredients (I prefer not to use tomatoes) and I give a recipe for a balsamic reduction at the end.

 

You will need…

 

1 to 2 chicken breasts (no skin or bones)

Chicken spice

Olive oil

A bowl full of green salad ingredients (salad leaves, celery, cucumber, mange tout)

Half an avocado

Half a circle of feta cheese

One smallish mango (or half of a big one)

Balsamic reduction (recipe at end)

 

Cut the chicken into strips and spice with the chicken spice.  Fry in the olive oil and let cool.

 

Arrange the salad ingredients on a plate.  Put the chicken strips on top.  Cut the mango and the avocado into blocks and arrange on top.  Break the feta into smaller pieces and toss over.  Serve with some balsamic glace. 

 

For the balsamic glaze:

Put one cup of balsamic vinegar in a pot with 1 teaspoon of honey (optional).  Heat till it starts to boil and then turn down the heat and simmer for 15 to 20 minutes until it coats the back of a spoon.  Let it cool down and serve.  Remember that the reduction keeps on thickening when cooling down…if it becomes too thick, boil again with some added water.

Leave a comment