Uncategorized

Gebakte Aartappelskyfies / Baked Potato Crisps

Ek het ‘n groot swak plek vir ‘n aartappelskyfie…die soort wat jy in ‘n pakkie koop.  Wat ons chips noem en die Britte crisps.  Ek het dus al voorheen gesoek vir ‘n resep om ‘n meer gesonder weergawe te kan maak.  Voor ek hierdie resep gee voel ek ek moet net wel mense waarsku…hierdie resep is regtig baie lekker, maar heelwat meer moeite as om net ‘n pak skyfies oop te maak.  Jy gaan wel nie weer dieselfde kyk na aartappelskyfies nie en sal sien dat dit wel die moeite werd is.  Dis ‘n relatief gesonde manier om ‘n sout happie te maak. 

 

Ek gebruik ‘n mandolin snyer om my aartappels lekker dun te sny.  Ek sou dit aanbeveel eerder as ‘n mes.  ‘n Aartappelskille maak dit weer te dun ook. Ek gebruik ook ‘n silikoon bak mat om die skyfies op te bak wat perfek werk.  Jy kan ook enige geure gebruik.  My gunsteling is die effense branderige weergawe, maar die opsies is eindeloos.

 

Jy benodig…

 

6 tot 8 baba aartappels per persoon

2 eetlepels olyf olie

1/2 teelepel sout

½ teelepel chillies Sout

 

Voor verhit die oond tot 200C.  Plaas ‘n silikoon bak mat op ‘n bakplaat.  Indien jy nie een het nie, spuit goed met kleefwerende sproei.

 

Sny die aartappels so dun as moontlik, maar nie so dun dat dit deurskynend voorkom nie.  Voeg die olie, sout en speserye by die aartappels.  Pak uit op die bakplaat in ‘n enkel laag.  Bak vir 15 min aan een kant.  Verwyder uit die oond en draai elkeen om.  Bak vir ‘n verdere 5 na 10 minute.  (die aartappels moet ligbruin wees, nie donker nie). 

 

Bedien saam met tuisgemaakte guacamole  of ‘n dip van jou keuse.

 

Variasies:

Gebruik beet of soetpatats in plaas van of saam met die aartappels

Gebruik verskillende soorte speserye/kruie soos roosmaryn of tiemie saam met die sout.

 

 

English version:

I have a weak spot for potato chips or crisps as the British call it.  I have thus been looking for a healthier recipe to make my own and even though this recipe requires more effort than just opening a bag of store-bought chips, it is soooo worth the effort.  The bonus is that you can also use beets or sweet potatoes and then it takes your chips to a whole new level of sophistication.

 

You will need…

 

6 to 8 baby potatoes per person

2 tablespoons of olive oil

1/2 teaspoon salt

½ teaspoon chilli salt

 

Pre-heat the oven to 200C.  Place a silicone baking mat on a baking sheet.  If you do not have one, spray the baking sheet well with a non-stick spray.

 

Cut the potatoes very thinly ( I use a mandolin…a peeler cuts it too thin).  Add the potatoes to a bowl with the olive oil, salt and chilli salt and mix well.  Place them on the baking sheet in a single layer and bake for 15 min on one side.  Remove from the oven, flip them all over and bake a further 5 to 10 minutes (they should be golden brown without being burned).

 

Serve with home-made guacamole or any other dip of your choice.

 

Variations:

Use beets or sweet potatoes instead of or with the potatoes.

Use other spices/herbs such as rosemary or thyme with the salt.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s