Groente / Vegetables · Resepte

Gebakte Blomkool / Baked Cauliflower

Vroeer hierdie jaar het ek deelgeneem aan ‘n interressante gesprek by die werk rakende vegetariese disse.  Op daardie stadium was ek besig met ‘n Daniel vas (wat basies behels dat jy amper net groente en vrugte eet) en toe een van my kollegas noem hoe lekker ‘n heel gebakte blomkool is, besluit ek daar en dan om dit te maak.  Ek het dit dieselfde aand nog vir ‘n vriendin van my gemaak wat by my kom eet het en ons was altwee beindruk met hoe lekker dit was! 

 

Vir die resep het ek gaan rondkrap in ‘n paar resepte en resepteboeke en het ek op die ou einde drie verskillende resepte gekombineer om by hierdie resep uit te kom.  Ek het die gereg baie geniet en ek hoop jy doen ook.

 

Jy benodig…

1 middelslag blomkool (blare verwyder)

1 blikkie kekerertjies

Mildelike hoeveelheid olyf olie

2 teelepels gerookte paprika

1 tot 2 eetlepels tiemie blaartjies

2 knoffel huisies

Sout en peper na smaak

 

Vir die sous…

2 eetlepels tahini (geroosterde sesamsaad pasta)

3 eetlepels vars uitgedrukte suurlemoensap

1 knoffelhuisie

Sout en peper na smaak

Water (so omenby ‘n halwe na ¾ koppie)

 

Voorverhit jou oond tot 200C.  Plaas die heel blomkool in die mikrogolf oond in ‘n bedekte bak met ‘n bietjie water en stoom vir sowat 6 minute (langer as jy ‘n groter blomkool gebruik). 

 

Intussen maal die paprika, so 2 eetlepels olyf olie, die twee knoffelhuisies en vars tiemie in ‘n stamper en vylsel tot ‘n fyn pasta.  Sodra die blomkool uit die mikrogolfoond kom, smeer die pasta bo-oor die buitekant van die blomkool. 

 

In ‘n oondbak, plaas die kekerertjies (gedreineer) en besprinkle met sowat 2 eetlepels olyf olie.  Plaas die blomkool bo-op die kekerertjies en plaas in die oond.  Bak vir sowat 30 tot 40 minute tot die binnekant van die blomkool sag is. 

 

Vir die sous verwerk die tahini, suurlemoensap, koffel en sout en peper met ‘n staafmenger tot goed vermeng.  Voeg stadig water by tot dit genoeg na jou smaak verdun is.  Bedien die blomkool met die tahini sous. 

 

English recipe:

I learned how to make a baked cauliflower a few months ago from a colleague at work.  I combined three different recipes with the advice that she gave me and then made this version of a baked cauliflower.  This is definitely something I will make again in future.

 

You will need…

1 medium sized cauliflower head (outer leaves removed)

1 can chickpeas

Olive oil

2 teaspoons smoked paprika

1 to 2 tablespoons of fresh thyme leaves

2 garlic cloves

Salt and pepper to taste

 

For the sauce…

2 tablespoons tahini

3 tablespoons freshly squeezed lemon juice

1 garlic clove

Salt and pepper to taste

Water (about ½ to ¾ cup)

 

Preheat the oven to 200C.  Place the whole cauliflower in a covered bowl with some water in the microwave oven.  Steam for about 6 minutes (depending on the size of the cauliflower). 

 

In the meantime… grind the paprika, aobut 2 tablespoons of olive oil, the two garlic cloves and the fresh thyme in a pestle and mortar until a past forms.  When the cauliflower is removed from the microwave oven, rub this paste on the outside of the cauliflower (careful not to burn). 

 

In an oven dish, place the drained chickpeas and mix with about 2 tablespoons of olive oil.  Place the cauliflower on top.  Bake in the oven for about 30 to 40 minutes until soft in the middle. 

 

For the sauce process the tahini, lemon juice, garlic and salt and pepper with a stick blender until smooth.  Slowly add in water until you have your desired consistency.  Serve with the cauliflower. 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s