Gebak / Baked goods · Nagereg / Pudding · Resepte

Granadilla Kaaskoek / Passion Fruit Cheesecake

Ek het so week terug ‘n hele sak vol grenadella’s by ‘n vriendin van my gekry en een van die goed wat ek toe met die oorvloed maak is ‘n kaaskoek.  Ek het voorheen al hierdie kaaskoek gepubliseer op die blog, maar hier is hy weer…want hy is net so erg lekker!!

 

Hierdie kaaskoek is een van die lekkerste goed wat ek nog gemaak het.  Dis die perfekte kombinasie tussen soet en suur.  Jy kan ook die geblikte weergawe gebruik, maar dit is nie heeltemal dieselfde nie.  Ek vind die geblikte weergawe meer soet en minder suur.  Jy kan natuurlik ook helfte-helfte ook dit doen, dan kry jy darem die lekker smaak wat jy soek.  Die resep se jy moet die pitte verwyder vir die grenadellamoes wat in die kaaskoek self gaan.  Dis baie maklik om dit te doen.  Gooi net die moes in ‘n sif wat jy oor ‘n bak sit.  Vryf dan die moes met die agterkant van ‘n eetlepel.  Die pitte sal in die sif agterbly.  Moenie die pitte verwyder uit die moes wat jy bo-op die kaaskoek sit nie.

 

Jy benodig…

150 g klapperkoekies (tennis beskuitjies werk die beste, maar jy kan ook marie koekies gebruik en net klapper byvoeg)

160 ml botter (gesmelt)

2 houers (230 g elk) roomkaas

125 ml (1/2 koppie) suurroom

1 koppie strooisuiker

2 eiers

60 ml (1/4 koppie) grenadellamoes (pitte verwyder)

5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel

80 ml (1/3 koppie) grenadellamoes (moenie pitte verwyder nie)

 

Voorverhit die oond teen 160C.  Maak die koekies fyn (rol met ‘n koekroller in ‘n plastieksak) en meng met die gesmelte botter.  Druk dit vas onderin ‘n ronde, uitgevoerde springvorm pan (die soort koekpan met ‘n gespe wat losmaak) van 23 cm of in ‘n 20 cm vierkantige pannetjie.  Klop die roomkaas, suurroom, suiker, 60 ml grenadellamoes en vanieljegeursel saam tot glad.  Skep die mengsel op die beskuitjielaag.  Skep die orige grenadellamoes bo-op en marmeer dit (maak patrone met ‘n mes deur die roomkaas mengsel sodat die moes begin deurmeng, maar moenie dit heeltemal meng nie). 

 

Bak die kaaskoek vir 28 tot 30 minute tot gestol, maar nog effens drillerig in die middel.  Verkoel in die yskas.  Sny en bedien.

 

 

 

English recipe…

 

In South Africa, we call them granadilla’s, but I know some people call them passion fruit.  I got a bag full from a friend of mine, so I decided to make this cheesecake. 

 

Ingredients needed…

150 g tennis biscuits (coconut biscuits/cookies)

160 ml butter (melted)

2 containers (230 g each) cream cheese

125 ml sour cream

1 cup castor sugar

2 eggs

60 ml granadilla mouse (pips removed)

5 ml vanilla essence

80 ml granadilla mouse (pip not removed)

 

Preheat the oven to 160C.  Make cookie crumbs with the cookies by rolling them until fine crumbs.  Mix well with the melted butter.  Press this down into a 20cm springform cake tin.  (sprayed with non-stick spray). 

 

Beat the cream cheese, sour cream, sugar, the 60 ml of the mouse, eggs and vanilla essence together until smooth.  Poor this on to the cookie base.  Spoon the rest of the granadilla mouse (the 80 ml) onto the cream cheese and marble the mouse through the cheese cake mixture.  Do not mix completely. 

 

Bake the cheesecake for 28 to 30 min until set, but still wobbly in the middle.  Cool in the freezer.  Cut and serve. 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s