Bottel en bere / botteled and preserved · Resepte

Vanielje, kokosneut en kaneel granola / Vanilla, coconut and cinnamon granola

Granola is een van daai goed wat altyd nog vir my baie lekker was, maar wat ek altyd huiwerig is om te koop as gevolg van die vreeslike hoeveelheid suiker wat altyd daarin is. Die gesonder weergawes wat mens dan wel kry wat minder suiker in het of suikervry is, is dan ook so duur dat die prys my weer afsit daarvan om dit te koop.

 

Ek het al lank terug begin speel met die idee om my eie granola te maak, maar het net nog nooit ‘n resep gekry wat vir my lekker gelyk het nie en ek sal erken…ek het altyd gedink dit is baie moeite. Was ek verkeerd!  Dis so maklik!  Ek het ‘n resep gekry op ‘n blog wat ek via Instagram volg, naamlik The Saucy Fig.  Ek het wel die resep redelik aangepas volgens my smaak en volgens wat ek in die kas gehad het.   Ek het die heuning baie verminder omdat ek nie van so ‘n erge soet granola hou nie en ek het die pekaneute in die oorspronklike resep vervang met amandels.  Jy kan enige ander sade of neuter gebruik.  Die uiteinde is regtig baie lekker en die resep laat jou oop om self ‘n paar aanpassings te maak.  Ek waarsku wel….jou kombuis gaan soos die hemel ruik wanneer jy hierdie resep maak.

 

Jy benodig…

3 koppies hawermout

¾ koppie onversoete kokosneut skaafsels (ek het dit by ‘n bak winkel gekry)

1 koppie amandels

¼ koppie pampoenpitte

1 teelepel kaneel

½ teelepel sout

 

½ koppie kokosneut olie

¼ koppie maple stroop of heuning

1 teelepel vanilla geursel

 

Voorverhit die oond tot 160C. Plaas ‘n silikoon mat in ‘n groot oondbak (of plaas ‘n laag bakpapier onder in die bak).  Verhit die kokosneut olie en die maple stroop of heuning in ‘n mikrogolf vaste bak vir sowat 30 sekondes in ‘n mikrogolf tot net-net alles saam gesmelt.  Meng die vanilla geursel in.

 

Meng nou al die droee bestandele in saam met die kokosneut olie mengsel. Meng alles baie goed saam tot al die droee bestandele goed met die vloeistof bedek is.  Sprei nou die mengsel eweredig op die bakmat in die bakplaat.

 

Bak vir 20 minute. Roer baie goed deur en versprei dit weer eweredig in die bak.  Bak ‘n verdere 20 na 30 minute tot goudbruin.  Laat dit heeltemal afkoel in die bake n bere dit dan in ‘n lugdigte houer in die kas.  Eet binne 2 na 3 weke op.

 

 

English recipe:

I have always loved granola, but are always loathed to buy it due to the amount of sugar found in most of the granola in shops. I also always thought it is quite a lot of effort to make your own granola.  How wrong I was!  I found a recipe on The Saucy Fig that looked delicious and tweeked it quite a bit and made the most delicious granola.  I reduced the sweetness quite a bit by using a third of the original recipe’s maple syrup and I have also made it successfully with honey.  I also substituted the original pecan nuts with the almonds.  You can use any other nuts or seeds as well.  Warning…your kitchen will smell like the heaven!

 

You will need…

3 cups oats

¾ cups unsweetened shaved coconut (I found this in a baking supply shop)

1 cup almonds

¼ cup pumpkin seeds

1 teaspoon cinnamon

½ teaspoon salt

 

½ cup coconut oil

¼ cup maple syrup or honey

1 teaspoon vanilla essence

 

Preheat the oven to 160C. Place a silicon baking mat in a large baking pan or cookie sheet (or use a piece of baking paper).  Heat the coconut oil and maple syrup or honey in a microwave safe bowl in a microwave for about 30 seconds till melted.  Mix in the vanilla essence.

 

Mix the dry ingredients in with the coconut oil mixture. Mix everything very well until all the dry ingredients are all well coated.  Spread out on the baking mat in the baking pan.

 

Bake for about 20 minutes. Stir very well and spread it out evenly again in die pan.  Bake for a further 20 to 30 minutes until golden brown.  Let it cool down completely in the baking dish and then store in an airtight container.  Consume with-in 2 to 3 weeks.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s