Gebak / Baked goods · Resepte

Brood / Bread

My ma is ‘n bo-baas brood bakster. Sy bak elke jaar vir die kerk se basaar sowat 36 broode.  Dis vir haar so ‘n natuurlike ding om te doen dat sy nie eens meer dink oor wat sy doen of hoe sy dit doen nie.  Vir my was dit nog altyd uiters frustrerend dan om te moes leer hoe om brood te bak…   Die probleem is dat sy dit so baie al gedoen het dat sy self nie meer weet nie…sy doen dit net.  Op die vraag hoe lank jy dit moet knie is die standaard antwoord bv tot dit soos brooddeeg voel.  Wat sin maak vir mense wat gereeld met brooddeeg werk, maar absoluut niks beteken vir iemand wat net leer brood bak nie.

 

Wat die probleem nog verder vererger is natuurlik ook die feit dat ek meer van ‘n afmeet soort van bakker is as ‘n “gooi in na gevoel” tipe kok. Ek soek dus ‘n resep.  Ek het toe ‘n paar keer presies gaan kyk hoe my ma dit doen en uiteindelik vorendag gekom met ‘n resep wat meeste van die tyd goed uit kom.  Neem in ag dat bak wel eintlik ‘n wetenskap is en dat goed soos hoe warm dit is die dag ‘n groot invloed kan he op hoe die resep uitkom uiteindelik.

 

Iets wat ek wel anders doen as my ma is dat ek my deeg in ‘n staanmenger knie. Sy knie dit met die hand.  Ja, ja, ek weet…baie mense sal geskok wees en sal dadelik se dat ek lui is, dat dit nie dieselfde proe nie ens ens.  Maar ek het so paar jaar terug ‘n lieflike Kenwood staan menger gewen en sederdien knie ek al my deeg daarin.  Dit beteken ek kan ‘n paar ander goed doen terwyl die deeg knie.  Ek kan met my hande knie…ek doen dit baie as ek nie by my huis is om die deeg te knie nie.  Ek is net ‘n redelike pragmatis…hoekom sukkel as daar iets is om jou lewe makliker te maak?

 

Hierdie resep kan gebruik word vir brood, broodrolle, of soos ek in die foto gemaak het…’n gerolde, kaas gevulde broodrol.

 

Jy benodig…

1 kg broodmeel

1 pakkie kitsgis (10 g)

2 na 2 ½ koppies louwarm water

1 na 2 eetlepels olyf olie (of sonneblom olie)

1 teelepel suiker

1 teelepel sout

 

Meng die meel, sout en suiker goed. Meng die kitsgis in.  Gooi dit nou in die bak van jou menger (as jy een gebruik).  Met die deeghak aanhegsel, begin die meel stadig meng.  Gooi die water stadig by.  (Begin met net 2 koppies en voeg die halwe koppie by indien jy die deeg slapper wil he).  Gooi die olyf olie ook by.  Stel nou die menger om ‘n matige spoed en los hom dat hy die deeg knie.  Die deeg kom uiteindelik bymekaar in die bak.  Indien jy met jou hande die deeg knie, knie tot die deeg goed bymekaar kom.  Knie nog ‘n bietjie tot die deeg sag en elasties is.  In die menger, laat dit knie tot die deeg ook sag en elasties is.

 

Bedek die deeg nou orals met olie en smeer ‘n skoon bak ook met olie. Plaas die deeg nou in die bak en bedek.  Laat staan in ‘n warm plek tot die deeg twee keer sy grootte gerys het.

 

Voorverhit die oond tot 180C. Knie nou die deeg af en afhangend wat jy bak, plaas dit in die regte gesmeerde houer (twee kleiner broodpanne, een groot broodpan, broodrolle in ‘n bakpan ens).  Laat weer die deeg rys tot die verlangde grootte.  Bak dan in die voorverhitte oond vir 45 min.  Jy weet die brood is gaar as jy op die onderkant klop en die brood klink hol.

 

 

English recipe….

My mother is a very good bread baker. She has been doing it so long and she does it with such ease though that she barely even knows exactly how to explain to you what it is that she does.  I spent some time to get the recipe exactly right and I know have a workable recipe that turns out beautifully most of the time.  Keep in mind, baking is more of a science and things like the outside temperature can influence how the bread turns out.  I also use a stand mixer to knead my dough, but you can use your hands (I sometimes use them too J ).

 

The recipe can be used for loafs or rolls or as I did in the picture, for rolled bread with some cheese in die middle.

 

You will need…

1 kg of bread flour

1 packet of instant yeast (10 g)

2 to 2 ½ cups of lukewarm water

1 teaspoon sugar

1 teaspoon salt

1 tablespoon oil (olive or sunflower)

 

Mix the flour, salt and sugar. Mix in the instant yeast.  Now put this in the bowl of the stand mixer (if you are using one).  With the dough-hook attachment attached, start slowly to mix the flour.  Slowly add 2 cups of the water in a steady stream (add the other half a cup if you want your dough more “floppy”.  Add the oil in as well.  Now set your mixer on a medium speed and knead until the dough comes together and is soft and elastic.  There should be no lumps and it should handle easily.  If kneading by hand, knead until the dough comes together and is soft and elastic.

 

Cover the dough in oil and coat a clean bowl in oil as well. Place the dough in the bowl and cover.  Let it rise in a warm place until double in size.

 

Pre-heat the oven to 180C. Knock the dough down.  Put it in your baking dish of choice (sprayed with non-stick spray).  E.g. use two small loaf pans, one big loaf pan or a baking dish for rolls.  Let the dough rise again.  Bake in the oven for 45min.  The bread is done when it sounds hollow when you knock on the bottom of the bread.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s