Gebak / Baked goods · Resepte

Plat brode / Flatbreads

Ek het ‘n hele ruk terug ‘n video gesien op Instagram vir platbrode wat jy met net twee bestandele bak.  Aangesien ek lief is vir bak, altyd nuuskierig is vir nuwe resepte, maar ook hou van kortpad maniere het ek toe besluit om die resep uit te probeer.  Dit het nogals regtig lekker uitgekom.  Ek moet wel se dat ek nog so twee ander bestandele bygesit het in myne.  Eerstens sout, want die brode het nogals laf gesmaak sonder die sout en toe omdat ek Naan brode wou maak, het ek komyn sade ook bygesit.  Hierdie resep maak sowat 6 na 8 platbrode, afhangend van hoe dun jy dit uitrol en hoe groot jy dit maak.  Ek het wel heel suksesvol die resep halveer ook.  Hou ook heelwat ekstra meel byderhand, want die deeg is nogals taai en kan maklik aan die uitrol oppervlak vassit.

 

Jy benodig…

4 koppies bruismeel

3 koppies volroom ongegeurde jogurt

1 teelepel sout

1 teelepel komynsaad (opsioneel)

 

Meng net al die bestandele saam tot ‘n deeg vorm.  Breek dan stukke deeg af so groot soos jy dit wil he en rol dit dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.  Maak intussen ‘n kleefvrye pan warm op ‘n stoofplaat.  Jy kan die pan met ‘n klein bietjie kleefwerende sproei spuit as jy wil.  Bak die platbrode in die warm pan een op ‘n slag tot ligbruin aan albei kante.  Draai dit gereeld om sodate albei kante kan bak.

 

Indien verkies…smeer met gesmelte knoffel-botter sodra dit uit die pan kom.  Dit gee dit ‘n lieflike geur.

 

Geniet saam met jou gunsteling kerrie!

 

English recipe:

I saw this video on Instagram where they make flatbreads with just two ingredients.  Being curious, I decided to try the recipe and I can report that it turned out quite well.  I have to admit that I did add two more ingredients though… firstly salt as it tasted quite bland without the salt and also some cumin seeds as I was making Naan bread.  The recipe yields about 6 to 8 flatbreads…depending on how big you make them.  I also successfully halved the recipe.  Keep quite some extra flour at hand as the dough does get quite sticky.

 

You will need…

4 cups self-raising flour

3 cups full-cream, plain yogurt

1 teaspoon salt

1 teaspoon cumin seeds (opsional)

 

Mix all the ingredients together until a dough forms.  Divide the dough into pieces of the size you choose and roll it out thinly on a work surface (using extra flour to prevent sticking).  In the meantime, heat up a non-stick pan on the stovetop.  You can spray the pan with some non-stick spray too if you feel the need.  Bake the flatbreads in the pan one at a time till light brown on both sides turning often to bake both sides.

 

If you want to, you can spread some melted garlic butter over the breads as they come out of the pan…this adds a lovely flavour.

 

Enjoy with some of your favourite curry!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s