Wie dra die voorskoot

Omdat ek lief is vir bak en kook en speel in die kombuis.  Omdat ek lief is vir toer en nuwe dinge leer en nuwe kosse en plekke ervaar.  Omdat ek lief is vir kuier saam met goeie vriende en lekker wyn.  Omdat ek lief is vir lees en leer en skryf.  Oor al hierdie redes skryf ek hier.  Ek gee myself glad nie uit as ‘n kenner op enige gebied nie, maar vertel maar net dinge wat werk vir my, dinge wat ek interressant vind en dinge wat my opgewonde maak.  Kom bak en brou saam, kom reis saam en kom kuier saam… met ‘n glas vol wyn.