Hoender / Chicken · Pasta

Hoender Parmesaan Pasta Gebak / Chicken Parmesan Pasta Bake

Hierdie ‘n maklike, vinnige gereg wat perfek is vir ‘n vinnige weeksaand ete. Saam met ‘n vars slaai is dit perfek vir ‘n familie ete. Dit lewer sowat 6 ruim porsies en hou goed in die yskas vir so 3 tot 4 dae.

Ek het dit op @thecozycook se web tuiste gekry. Dis ‘n baie lekker web tuiste waar daar heelwat maklike geregte is wat perfek werk vir vinnige familie etes. Meeste van die resepte is een-pot geregte wat my gunsteling soort geregte is 😊

Ek het die resep met hoender snitzels gemaak, maar jy is welkom om jou eie hoender borsies te krummel en braai of selfs ‘n heel gaar hoender te vlok en dit te gebruik.

Jy benodig…
300g pasta van jou keuse (ek het penne gebruik en die oorspronklike resep rigatoni)
900ml marinara sous (klaargemaakte tamatie pasta sous)
3 koppies gerasperde mozzarella kaas
1/3 koppie gerasperde parmesaan kaas
2 na 3 gekrummelde hoender borsies of snitzels.
Pars gekapte Pietersielie

Kook die pasta in gesoute water. Kook dit vir 1 minuut minder as gewoonlik om dit al dente te kry. (Ek kook my pasta gewoonlik vir 9min, so vir hierdie resep het ek dit 8min gekook.) Dreineer die pasta. Voeg die marinara sous by sowel as 1/3 van die mozzarella en ‘n 1/3 van die parmesaan. Hou eenkant.

Braai die hoender borsies in ‘n klein bietjie olie. Sny die hoender in blokkies of vlok die gaar hoender.

Voor verhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende sproei. Skep die helfte van die pasta mengsel in ‘n oondbak. Plaas helfte van die hoender bo-op die pasta. Gooi nog ‘n 1/3 van die mozzarella en ‘n 1/3 van die parmesaan weer bo-oor. Herhaal die laag en eindig met die kaas.

Bak onbedek vir 25 minute in die voor verhitte oond. Jy kan dit die laaste 5 min rooster tot ligbruin. Strooi die pietersielie oor en bedien saam met ‘n slaai.

Geniet!

English version:

This is a very easy family dinner to make. It can be assembled the day before and then just baked for dinner. The recipe makes enough for 6 portions. It can be stored in the fridge for 3 to 4 days.

I found the recipe on @cozycook. She has great one-pot family dinner ideas.

I used chicken shnitzels, but you are welcome to bread your own chicken strips or use a rotisserie chicken that you debone.

You will need…
300g rigatoni pasta
900 ml marinara sauce (tomato pasta sauce)
3 cups mozzarella cheese, shredded & separated
2 to 3 chicken snitzels / breaded chicken breasts
Fresh Parsley, to garnish

Boil the pasta in salted water. Boil it for 1 minute less than you would for an al dente pasta. Drain the pasta. Add the marinara sauce as well as 1/3 of the mozzarella and a 1/3 of the parmesan. Keep to the side.

Fry the chicken breasts/snitzels in ‘n bit of oil. Cut it in bite-sized blocks.

Pre-heat the oven to 180C. Spray a casserole dish with non-stick spray. Place half the pasta mixture in the dish. Put half the chicken on top and top with 1/3 of the mozzarella and 1/3 of the parmesan. Repeat the layer and end with the cheese.

Bake uncovered for 25min in the pre-heated oven. You can grill it for 5 min at the end till light brown. Top with the parsley and serve with a salad.

Enjoy!

Leave a comment