Gebak / Baked goods · Groente / Vegetables · Uncategorized

Murgpampoen, uie en feta pizza / Babymarrow, onion and feta pizza

Januarie maand is altyd ‘n maand van nuwe beginne…nuwe voornemens…nuwe ondernemings om gesond te eet! Dis dan altyd ‘n goeie idee om ‘n paar resepte te hê wat maklik is om te maak, gesond is en nog boonop lekker is ook.

Hierdie resep is een so ‘n resep. Ek het die idee om gekoopte “wraps” te gebruik as die basis vir ‘n pizza by ‘n vriendin gesien ‘n klompie jare terug. Sy is baie lief vir gesond eet en het my hiervan vertel. Jy kan enigiets bo-op die pizza sit natuurlik. Hierdie is maar net my weergawe.

Jy benodig…
4 wraps (ek gebruik gekooptes)
3 tot 4 murgpampoentjies (hang af hoe groot hulle is)
‘n klompie vars tiemie
1 medium ui
2 knoffel huisies (fyngekap)
Olyfolie
1 tot 2 wiele feta
So ‘n koppie vol gerasperde mozzarella
1 eetlepel tamatie sous per wrap
1 avokadopeer (opsioneel)

Sny die murgpampoenjies in linte. Braai die murgpampoen linte saam met die knoffel en tiemie in olyfolie tot net gaar. (nie pap nie). Hou eenkant. Sny die ui in dun skywe. Braai in dieselfde pan as waarin die murgpampoentjies gebraai is tot bruin en sag.

Verhit die oond tot 180°C. Neem die wrap. Smeer ‘n eetlepel tamatiesous op elkeen. Strooi van die mozzarella kaas oor. Rangskik die murgpampoen linte en uie op die pizza. Breek die feta oor en krummel dit oor. Bak die pizza’s sowat 8 minute elk tot die kaas gesmelt is.

Sny in skywe en bedien met skywe avokadopeer indien verkies. Lewer 4 klein pizzas.
English recipe:
January is always the time of year when everyone is making new plans to eat healthy. This recipe is perfect for this resolution. It is not only healthy, but delicious.

You will need:
4 wraps (store-bought)
3 to 4 baby-marrows (depends how big they are)
A bunch of fresh thyme
1 medium onion
2 garlic gloves
Olive oil
1 to 2 wheels of feta cheese
About 1 cup of grated mozzarella
1 tablespoon tomato sauce per wrap
1 avocado (optional)

Cut the baby marrow into ribbons. Fry the baby marrows with the garlic and thyme in the olive oil until just done. Keep aside. Cut the onion into rings. Fry this in the same pan as the baby marrows were fried in till brown and soft.

Heat the oven to 180°C. Take a wrap. Spread a tablespoon of tomato sauce on each. Distribute the mozzarella and spread out. Put the baby marrows and onion on the pizzas. Crumb the feta cheese over the pizzas. Bake for about 8 minutes each in the oven until the cheese has melted.

Serve with extra avocado if using. Delivers 4 small pizzas.

Leave a comment